Jesus in Islam

ʿĪsā
عيسى
Jesus
Islamitiese profeet
Die naam Jesus, seun van Maria in Islamitiese kalligrafie, gevolg deur "Vrede vir Hom".
Die naam Jesus, seun van Maria in Islamitiese kalligrafie, gevolg deur "Vrede vir Hom".
Plaaslike naam  ישוע Yēšūă‘
Gebore  c. 7-2 v.C.
Betlehem, Romeinse Ryk
Verdwyning  c. 30-33
Getsemane, Jerusalem
Voorganger  Yaḥyā (Johannes die Doper)
Opvolger  Mohammed
Familie
Moeder  Maria
Ander  Yaḥyā (Johannes die Doper)

In Islam is Isa ibn Marjam (Arabies: عيسى بن مريم ʿĪsā ibn Maryām; letterlik Jesus, seun van Maria), of Jesus, die voorlaaste profeet van Allah (God). Hy is al-Masih, Arabies vir "die Messias",[1][2] die Christus,[3] wat gestuur is om ’n gids te wees vir die kinders van Israel met ’n nuwe openbaring: al-Injīl (Arabies vir "die Evangelie").[4] Jesus word as ’n profeet beskou[3] wat nie getroud was en nie kinders gehad het nie. Hy is ’n belangrike figuur[5] wat in 93 verse van die Koran genoem word onder verskeie titels soos "Seun van Maria",[6] die "Gees van God"[7] en die "Woord van God".[7][8]

Maria en Jesus (deur Gentile da Fabriano).

Die Koran en die meeste hadit-versamelings noem dat Jesus as ’n "rein seun" (sonder sonde) gebore is vir die maagd Maria,[3][9][10] nes in die Christendom. Daar word geglo Jesus het baie wonderwerke verrig, soos om as baba te praat, verskillende kwale te genees, dooies te laat opstaan en voëls van klei te maak en lewe in hulle te blaas.[11]

Nes alle ander profete in die Islam word Jesus ’n Moslem genoem (dus iemand wat hom onderwerp aan God se wil). Hy word beskou as die voorloper van Mohammed en het voorspel die volgende profeet se naam sou "Ahmad" wees. Islam verwerp die idee dat Jesus goddelik was, of die Seun of beliggaming van God. Volgens sekere vertolkings van die Koran het die kruisiging van Jesus nooit plaasgevind nie.[12] Die meeste Moslems glo Jesus het nie gesterf nie, maar lewend na die hemel opgevaar.[2]

Volgens die Moslem-tradisie sal Jesus om en by met die Oordeelsdag na die aarde terugkeer om geregtigheid te herstel en al-Masih ad-Dadjdjal ("die vals Messias" of "antichris") te verslaan[13][14] – egter nie as ’n nuwe profeet nie, want Mohammed was die laaste profeet.

  1. Glassé, Cyril (2001). The new encyclopedia of Islam, with introduction by Huston Smith (Édition révisée. uitg.). Walnut Creek, CA: AltaMira Press. p. 239. ISBN 9780759101906.
  2. 2,0 2,1 Parrinder, Geoffrey (1996). Jesus in the Quran. Oxford Oneworld. ISBN 1851680942.
  3. 3,0 3,1 3,2 McDowell, Jim, Josh; Walker, Jim (2002). Understanding Islam and Christianity: Beliefs That Separate Us and How to Talk About Them. Euguen, Oregon: Harvest House Publishers. ISBN 9780736949910.
  4. The Oxford Dictionary of Islam, p.158
  5. Schumann, Olaf H. (2002). Jesus the Messiah in Muslim Thought. Dehli: ISPCK/HIM. p. 13. ISBN 8172145225.
  6. Parrinder, Geoffrey (1965). Jesus in the Quran. Londen: Faber and Feber. p. 18. ISBN 9781851689996.
  7. 7,0 7,1 Khalidi, Tarif (2001). The Muslim Jesus: Sayings and Stories in Islamic Literature. Londen: Harvard University Press. p. 4. ISBN 0674011155.
  8. Gregory A. Barker and Stephen E. Gregg, "Jesus Beyond Christianity: The Classic Texts (Oxford: Oxford University Press, 2010), p. 84.
  9. Robinson, Neal (31 Julie 1991). Christ in Islam and Christianity. New York: State University of New York Press. p. 12. ISBN 0791405591.
  10. Leirvik 2010, p. 47.
  11. Klauck, Hans-Josef Klauck (2003). The Apocryphal Gospels: An Introduction. Londen: Bloomsbury T&T Clark. p. 18. ISBN 056708390X.
  12. Lawson, Todd (1 Maart 2009). The Crucifixion and the Qur'an: A Study in the History of Muslim Thought. Oneworld Publications. ISBN 1851686355.
  13. Anawati, G.C. (6 June 2016). "Īsā". Encyclopaedia of Islam (2nd). Ed. P. Bearman. Brill Online. ISBN 9789004161214. URL besoek op 6 June 2016. 
  14. Encyclopedia of the Quran, Jesus

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search